Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Tuis

Aug 01 2025
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

HALLO

Tuis

Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en skryf in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.

Wat’s nuut • Stuur dekor- en leefstylnuus na johane.neilson@tuis.co.za.

Speel met verf • Kleure en patrone werk saam om dié unieke ruimtes te skep.

AFSKEEPHUIS WORD Hoëveldse juweel • Twee manne uit die ‘vallei van wyn en rose’ omarm Jozi-styl.

’N TALENT VIR mooimaak • Jy sal haar naam herken as gereelde tuinfotograaf in Tuis, maar dis nie waar Jeandri Streicher se gawes eindig nie. Haar huis is ’n kreatiewe blyplek gevul met nostalgie.

Strak lyne, sagte dekor • In dié gesellige gesinshuis is Modernistiese argitektuur en aardse kleure in perfekte harmonie.

BADKAMERS • Twintig inspirerende, praktiese idees om jou private heiligdom iets heel besonders te maak.

’n Storie van moed hou en herbou • Die stylvolle skrywer-entrepreneur Lanie van Reenen was vol planne om verlies in vreugde te omskep toe haar geliefde Stanford-huis in vlamme vergaan het.

Meng & maak mooi • Moeg vir muurteëls, maar nie lus vir uitkap nie? Mixx Cement vra wel tyd en geduld, maar die resultaat is o, so bevredigend!

Vra die kenners • Wil jy jou huis oemf gee met nuwe materiale of wil jy weet hoe om oud en nuut te kombineer in jou dekor?Vra net – ons kry die antwoorde.

Dieremaniere

Tuindagboek

Tuinkopies

BLOKRAAI #185

MODERNE KINKELS • Treffende vorms en grasaanplantings op groot skaal laat dié tuin een word met sy landskap, en beklemtoon terselfdertyd die argitektuur van ’n avant-garde-huis.

Koel & kalm • ’n Smal, warm steeg word ’n groen oase met ’n mini-woud en kronkelende paadjie.

DIE sopseisoen IS HIER! • Glad, dik, romerig of ryk, daar is ’n sop vir elke smaak. Noedels, bros croutons of ’n warm broodjie is die lekker ekstras hierby.

Gebrande Baskiese kaaskoek • Dié klassieke Spaanse kaaskoek se donkerbruin, ekstra gekaramelliseerde buitelaag is so bedoel en pas perfek by die romerige binneste vol vanieljespikkels.

Kos is op die tafel!

Kos & drank

Kat in die donker • ’n Rustige middagwandeling met haar hond bring Karin Brynard onverwags voor groot lewensvraagstukke te staan.

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans